Vemma het Michael, 3 jaar oud, se lewe verander!
Michael was nog altyd baie siek. As hy nie in die hospitaal was vir diaree en ontwatering nie, was hy knaend by die dokter met griep, verkoue, bronchitus, mangels of oorontsteking. Asof dit nie genoeg was nie, het hy vir dae op eetstakings gegaan.
En dan ten minste 2 tot 3 keer per week opgegooi dat dit by sy neus en mond uit loop. Dit was later so erg dat hy in sy slaap opgegooi het dat ek nie eers daarvan geweet het nie, waarna ek soggens eers sou sien op sy kussings en laken.